Wie is René van Zyl?

Ek is doogewoon iemand wat Jesus leer ken het deur al die hartseer en vreugdes van my lewe. Ek het BA Kommuniekasiekunde aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer en het al gewerk as joernalis, vryskut-joernalis, omgewingsopvoedkundige (en P.R.O), Kinderevangelis, skrywer en ontwerper van Christelike opvoedkundige materiaal en lesmateriaal. Ek is getroud met 'n oud-ingenieur wat later Teologie gaan studeer het aan die Universiteit van Pretoria en tans met sy doktorsgraad besig is in praktiese Teologie.

Ons beide se passie en gawe is om die Bybel vir mense verstaanbaar en eenvoudig oor te dra. En daarmee saam om 'n passie by mense te kweek om meer van die Bybel en God se plan met die mens te wil verstaan. Ons dink buite die boks, nuut en probeer die hedendaagse mens iets leer van praktiese leef van die Bybelse konsepte.

'n Artikel in die finesse tydskrif vertel van ons gesin se 20-jaar lange pad met 'n breingestremde seun en twee pragtige dogters en die lesse wat God ons geleer het en steeds besig is om te leer. Hierdie is die web-adres:  http://renevanzyl.blogspot.com/2013/04/toe-gebeur-ons-wonderwerk-nie-finesse.html

Met ons projekte wat ons aanpak is ons gewoonlik te passievol en te opgewonde en te vol verwagting en kom partykeer na om die korrekte, tradisionele kerkpolitieke en prosesse te volg. Ja, ons leer baie uit ons foute maar ons glo ook dat God wel reguit houe met krom stokke kan slaan. Ons glo ons pogings beteken vir party mense baie en dit is goed genoeg vir God!

Ons storie:





NOG N ARTIKEL IN PLAASLIKE GET-IT MAGAZINE:



BEIDE MY SAMESWERINGSROMANS IS BESKIKBAAR: DIE ALFADOKUMENT EN DIE OMEGAKOMPLOT - 
KONTAK MY BY 0823964100 OF imaginemoonstones@gmail.com





Onderhoud oor Die Alfadokument op Ontbytsake in 2020.

  

Boekbekendstelling byk Graffiti boeke in Pretoria in 2020



No comments:

Post a Comment