90 KINDERKERK LESSE IN SPELETJIES

90 KINDERKERK LESSE IN SPELETJIES 

(Ek pos geen CD's meer nie - jy kan al die inligting van 'n link aflaai wat ek vir jou aanstuur op die internet. Maklik Geen posgeld!) 


VIR GRAAD 3-7!
'n Reeks van 90 interaktiewe lesse - insluitend die Geheusketse van elke Bybelboek.

HELE REEKS NOU BESKIKBAAR teen slegs: R600

Jy hoef nooit weer lesse aan te koop nie - jy print soos nodig en herhaal na 3 of 4 jaar die proses. Lekker.

Kontak my by 0823964100 of by  imaginemoonstones@gmail.com

(ONTHOU DIE 90 KINDERKERKLESSE IS GESKIK VIR KINDERS VAN GR3-7 
- jy kan dit wel aanpas vir kleiner grade.)

(Vir kleuters tot en met gr. 2 gebruik ek die 155 O.T. Bybelstories, vertel deur goggas en gediertes met hul prente en aktiwiteite - kyk gerus bo aan my blog vir die skakel en kyk na 'n voorbeeld.)  

Leer ken die hele Bybel in 3 jaar m.b.v. die reeks - 90  KINDERKERK LESSE IN SPELETJIES  en die 66 BYBELBOEKE IN PRENTE  

Oor die laaste drie jaar het ek by ons kinderkerk in Hartbeespoort begin om lesse uit te werk wat die 66 Bybelboeke in Prente se geheuesketse van al die boeke kan aanvul. Ek het nog nooit kategese materiaal kon kry wat deur elke boek van die Bybel werk met 'n bypassende tydlyn nie - veral nie iets interessants wat klem laat val op die kind se deelname nie.

 Die reeks is gebaseer op en moet gebruik word saam met die
66 Bybelboeke in Prente ’
wat opgestel is om kinders al die Bybelboeke te leer met geheue sketse en leidrade. (Voorbeeld hieronder van die boek Genesis.)

Die 90 Kinderkerk Lesse Reeks strek oor drie of vier jaar afhangende van hoeveel Sondae met klasse daar in n jaar is. 
Jaar 1. Genesis  tot  2 Konings (Beskikbaar)
Jaar 2. 1 Kronieke  tot  Maleagi (beskikbaar)
Jaar 3. Matteus tot Openbaring (Beskikbaar)
Elke les is ingedeel in 7 dele en elke begin met:  Groep opening, dan volg:
1.      Ysbreker   2.  Skatkaart (Bybelboek)   3. Verhaal-spel   4. Gebed   
5. Tydlyn    6. Speletjie    7. ‘Reward’

Speletjies word orals ingespan om die betrokke Bybelboek sovêr moontlik in die geheue vas te lê, terwyl die kinders (en die onderwyser!) lekker oor die Bybel leer.  
En elke week leer hul ‘n volgende belangrike eienskap van God.
Ingesluit is ook ‘n volledige lêer / boekie: INLEIDING TOT KINDERBEDIENING: met riglyne en baie idees om jou Kinderkerk lesse en klaskamer ‘n heerlike avontuur te maak.

Hier volg die uiteensettng van die lesse oor drie jaar:

Uiteensetting van ons drie jaar se lesse: 30+ lesse per jaar x 3 = 90.


JAAR 1: OU TESTAMENT (Lesse 1-30)
1.  GENESIS: Skepping
2. Adam en Eva
3. Kain en Abel
4. Noag
5. Abram
6. Isak
7. Jakob
8. Josef
9. EKSODUS: Moses
10. Tien plae en uittog
11. Woestyn: wette, tent, goue kalf.
12. LEVITIKUS: Die boek Levitikus
13. NUMERI: Wegtrek Sinai, verkenners, rebellie, straf
14. DEUTERONOMIUM: Die boek Deuteronomium
15. HERSIENING: EERSTE 5 BOEKE
16. JOSUA: Inval in die beloofde land: Jerigo.
17. Oorwinning van res van die land en verdeling.
18. RIGTERS: Debora
19. Simson
20. Ehud/Gideon
21. RUT
22. 1 SAMUEL: Samuel
23. Saul en Dawid
24. 2 SAMUEL: Koning Dawid
25. Dawid se val
26. HERSIENING Josua tot 2 Samuel
27. 1 KONINGS: Koning  Salomo
28. Die Koninkryk skeur in 2: Elia
29. 2 KONINGS: Elisa
30. Israel/Juda word weggevoer.
SKATTEJAG: HERSIENING JAAR 1.

JAAR 2: OU TESTAMENT (Vervolg: lesse 31-60)
31. 1 EN 2 KRONIEKE (HERSIENING 1/2 SAMUEL EN 1/ 2 KONINGS)
32. ESRA
33. NEHEMIA
34.  ESTER
 35.  HERSIENING: 1 KONINGS TOT ESTER
36.  JOB
37.  PSALMS
38.  SPREUKE
39. PREDIKER
40.  HOOGLIED
41.  HERSIENING JOB TOT HOOGLIED
42.  JESAJA
43.  JEREMIA
44.  KLAAGLIEDERE
45.  ESEGIëL
46.  DANIëL
47. HERSIENING VAN JESAJA TOT DANIEL
48.  HOSEA
49.  JOëL
50.  AMOS
51.  OBADJA
52.  JONA
53. MIGA
54.  HERSIENING VAN HOSEA TOT MIGA
55.  NAHUM
56.  HABAKUK
57.  SEFANJA
58.  HAGGAI
59.  SAGARIA
60.  MALEAGI
Ekstra: HERSIENING NAHUM TOT MALEAGI
SKATTEJAG: HERSIENING OU TESTAMENT

JAAR 3: NUWE TESTAMENT (Lesse 61-90)
61. Die Ou en Nuwe Testament in 16 items
62. Die Nuwe Testament
63. MATTEUS
63. Bordspel: Kruispad (Volg vir Jesus).
64. Gelykenisse en wonderwerke
66. MARKUS
67. LUKAS
68. JOHANNES
69. HANDELINGE
70. HERSIENING EVANGELIES (+Handelinge)
71. ROMEINE
72. 1 KORINTIËRS
73.2 KORINTIËRS 
74.  GALASIËRS
75.  EFESIËRS
76. FILIPPENSE
77. HERSIENING Romeine tot Filippense
78. KOLOSSENSE
79. 1 EN 2 TESSALONISENSE
80.  1 EN 2 TIMOTEUS
81. TITUS
82. FILEMON
83. HERSIENING Kolossense tot Filemon
84.  HEBREËRS
85.  JAKOBUS
86.  1 EN 2 PETRUS
87. 1, 2, 3  JOHANNES
88.  JUDAS
89.  OPENBARING
90. HERSIENING Hebreërs-  OPENBARING

 SKATTEJAG:  HERSIENING NUWE TESTAMENT

KOSTES:

  

SPESIALE AANBOD: 

 TOTALE PRYS R600 - jy laai alles van die internet af met n link wat ek vir jou stuur. En jy print soos jy nodig het vir jou klas.

NAVRAE: Kontak my by imaginemoonstones@gmail.com

 as ek vir jou 'n voorbeeld van die PDF file van die les kan stuur wat meer volgens formaat sal wees. Onthou net dat onderstaande voorbeeld les dalk vir jou onverstaanbaar kan voorkom omdat jy nie al die inligting het wat die les gedeeltes ontsluit nie! Epos my as jy nog vrae het, dankie! En elke les is anders met ander interaktiewe speletjies om die Bybelboek te leer ken.


(*Die weeklikse kort beplanning van die les is heel bo-aan jou les uiteengesit - met 'n diagram en prente - dit wou ongelukkig nie mooi aflaai nie - hier onder die naam: Les 1: Genesis: God skep alles uit Homself uit, is 'n swak foto wat ek ingevoeg het!! - Dit verduidelik vir jou weekliks wat jy in jou les gaan benodig.)




Les 1: Genesis: God skep alles uit Homself uit.
 *


Lesse: Waar trek ons nou?

OU TESTAMENT
1.  GENESIS: Skepping
2. Adam en Eva
3. Kain en Abel
4. Noag
5. Abram
6. Isak
7. Jakob
8. Josef
9. EKSODUS: Moses
10. Tien plae en uittog
11. Woestyn: wette, tent, goue kalf.

Vandag se les: Genesis: (Onderstaande inligting/prent vir die juffrou se aandag)

Boek 1 Genesis

 GENESIS
SLEUTELWOORD: DIE BEGIN
Genesis is die Griekse woord vir begin. In die begin het God alles geskep net deur Sy woorde: die hemel, aarde, planete, nag en dag, diere, voëls, visse, man en vrou. Dit gaan oor die Skepper-God wat sy skepping ook in stand hou en wat ook sy beelddraer, die mens, genade betoon. Genesis is basies 'n inleiding tot die Pentateug (eerste vyf boeke) en die hele Ou Testament. Dit vertel die verhale van die skepping, die eerste mense wat die kroon van die skepping is maar ook die ergste sondaars; ons lees van die vloed (en die ark) waar alles vernietig word tot dit weer lyk soos voor die skepping; ons lees van die toring van Babel wat wys die mens is alewig in opstand teen God; ons lees van die pad van God met Abram en die verbondsbeloftes van God aan die mens wat ’n lang pad deur die Bybel gaan stap. God belowe om vir Abram te sorg en vra dat Abram 'n seën vir die wêreld sal wees. Dan volg Isak, Jakob en sy twaalf seuns en die boek eindig met Josef wat uiteindelik in Egipte sterf nadat sy hele familie hom soontoe gevolg het. Die nageslagbelofte van God is vervul aan die einde van Genesis maar nog nie die landsbelofte nie.
Genesis is ingedeel in drie dele:
 Gen. 1-11: Die Voorgeskiedenis, die skepping en die sondeval, Noag en die vloed, die toring van Babel. (Ons kan nie ’n datum hierby sit nie – dit is baie ou geskiedenis van die begin van die wêreld).
 Gen. 12-50: Dit handel oor ons Aartsvaders: Vader Abraham, sy seun Isak en Isak se seun Jakob. Ons hoor ook van Jakob se 12 seuns, en ook van die hele verhaal van Josef. Die boek eindig toe Josef as ’n ou man sterf in Egipte. (Genesis speel af in 1950-1450 v.C. in die Middel- en Laat- Bronstydperk toe mense nog rondgeswerf het vir weiding vir hulle vee.)

HOEVEEL LEIDRADE OP ONS PRENT LAAT JOU AAN DIE BOEK GENESIS DINK?
 Die Skepping (mense, diere, voëls, visse, plante, aarde, son, maan)
 Die slang en vrugteboom laat ons dink aan die duiwel (as slang vermom) wat vir Adam en Eva verlei het om te sondig.
 Die vuurtjie laat ons dink aan Kain wat kwaad was vir Abel omdat sy offer (vuur) deur die Here aangeneem is en Kain s’n nie. Toe vermoor Kain vir Abel.
Die ark, die reënboog en die duif met die blaartjie laat ons dink aan Noag en sy ark. Na 40 dae het die duifie ’n groen takkie vir Noag gebring om te wys die vloed is oor. God het gesê die reënboog wys vir Noag dat hy nooit weer die aarde met so ’n vloed sal tref nie.
 Die woord “Abba” op Abram se jas beteken in die Aramese taal: Vader. Abram is ons Aartsvader. God het hom geroep uit die dorp Ur van die Galdeërs (waar hulle die maan aanbid het!). Die sterre om Vader Abram se kop laat ons dink aan God se belofte: As Abram vir God volg sal sy nageslag so baie soos die sterre in die hemel wees.
 Die mes in Abram se hand laat ons dink aan Isak. God het vir Abram gevra om sy seun, Isak, te offer om sy liefde te toets.
 Die son en maan en elf sterre laat ons dink aan Josef se droom waar hulle voor hom buig. Dit het beteken sy pa, Jakob (son) , sy ma (maan) en elf broers (sterre) buig voor hom.
 Die piramiedes laat ons dink aan Egipte waar Josef onderkoning was en Jakob, al sy broers en hul families gaan bly het.
 Die mummy laat ons dink aan die (onder-)koning Josef wat aan die einde van die boek Genesis sterf (en verseker op Egiptiese manier ’n mummy gemaak is soos hulle met al die belangrike manne gedoen het!)

KAN JY NOG IETS OP DIE PRENT SIEN WAT JOU AAN GENESIS LAAT DINK?




Ons les begin:
1.    YSBREKER:

(Tel hoeveel kinders daar is en sit soveel klippies in ‘n sakkie/boksie - twee van elke soort, sodat 2 kinders dus dieselfde soort klippie kan trek (bv. 2 rose quartz, 2 ametiste, 2 magnetite, twee grys klippies as jy bv. 8 kinders in jou groep het.)  Sit al jou klippies in ‘n sakkie of boksie, want hulle gaan dit moet trek sonder om te sien.)

Vandag gaan ons iets leer van hoe God alles gemaak het.  Maar eers kies elke ou vir hom of haar ’n klippie. Moenie vir die ander wys wat jy het nie.

(Gee hul kans om elkeen een te kies.)
 
Nou moet jy die een soek wat dieselfde klip as jy het. Dan vertel julle mekaar watter soort dier julle sou wees as jul kon kies en hoekom. Gou vind vinnig uit!
(Gee hulle so minuut of twee en vra dan dat hulle jou vertel wie is wie en watter dier. As daar te min kinders is, moet jy instaan vir die een wat nie ‘n maat het nie.
Dan samel jy al die klippe in en sit jy dit op die tafel.)

2.    SKATKAART

(Plak ‘n kaal A3 vel papier portret-posisie teen die muur. Trek vooraf ‘n effens geronde streep oor die onderste helfte van die bladsy soos die aarde se halfsirkel lyn op die Genesis skatkaart prent. Die res van die bladsy is dus heeltemal skoon. Bv. Soos hieronder – behalwe myne is effens plat!
 








Vooraf moes jy ‘n afskrif van die Genesis prent gemaak het en in stukke gesny het sodat die verskillende skeppings-elemente van die verhaal apart is, bv. Adam en Eva, boom, slang, son/maan/sterre/, reënboog, visse, plante, vuur, duif, ens. Pak die aparte prente dele in ‘n boksie. Gebruik nog ‘n boksie vir ‘n klompie ander prente van diere/plante/voëls ens (Dit kan ook ligte plastiek diertjies en plante en voëls wees – jy moet dit net met prestik kan plak  teen die kaal prent.)

Vra nou die volgende vrae vir hulle:
a. Wat was daar gewees voordat God die aarde en als geskep het? (Gee kans vir antwoorde. Onthou: moenie vir iemand sê hy is verkeerd of dom nie. Alle antwoorde het waarde, selfs die wat jy dink is onwaarskynlik.)
b. Hoe dink julle het dit toe gelyk? Donker? Lig? Hoe? (gee kans vir antwoorde.)
c. Waar dink julle kom God vandaan as daar dan niks was nie? (Gee kans vir antwoorde.)
(Jou antwoord aan die einde kan wees: Ons weet eintlik nie waar God vandaan kom nie. Party goed weet ons net nie. Maar ons weet dat God altyd en altyd daar was. Hy is te GROOT en daarom kan ons mense se breine hom nie heeltemal verduidelik nie. Die Bybel sê net Hy was altyd daar.)

Toe besluit God eendag om iets te maak wat vir Hom geselskap kan wees, iets waarop hy trots kan wees. En God begin om te skep met sy Woord. Alles wat hy geskep het, het nie uit niks gekom nie: God het nie ‘magic’ gedoen nie. God het uit homself alles geskep
 Kom julle, kom trek iets uit die boks wat God geskep het en plak dit op ons kaal prent wat woes en leeg is...
(Laat hulle een-een uit die boks met jou opgesnyde prentjies trek, en plak (met prestik) waar hul wil op die kaal Genesis prent teen die muur. As dit klaar is kan hul uit die ander boks trek, die een met die diere/prente.  Laat hulle dit ook plak op die Genesis prent met prestik.) Ons doen later die A3 Genesis prent in sy geheel.
Treemail: Iemand moet die treemail gaan haal  (die twee koeverte wat jy teen die boom-muur geplak het.) Kies iemand – die stilletjie/of die roererige een! Deel kinders in twee groepe). Ons het twee koeverte. Ek gaan julle tyd gee om uit te werk wat staan in die vers. Rangskik die woorde vir my sodat dit sin maak. Begin nou! (As hul tyd op is, mag die groep wat wen hul woorde op die muur plak met prestik. Een van hulle moet die vers voorlees.)
Treemail: Teksvers: Gen. 1:31: God het gekyk na alles wat Hy gemaak het en dit was vir hom baie mooi.

3.    VERHAAL (15 Min)
(Gaan sit agter jou B-entertainment boks. Die kinders sit almal weer.)
Jy:       Goeiemôre, kykers, ek is (jou naam) en vandag het ek ‘n interessante gas
saamgebring na ons Bybelkanaal, B-entertainment. Dit is Professor Kriegnikof.
Prof:    Gggroete uit Rrrrrusland! (Praat maar met ‘n aksent en harde rrrrr’s! En gggg’s)
Jy:       Professor, ons is besig om ons kykers in te vertel oor hoe God alles geskep het.
Prof:    Nee, wag, wag, wag. Ek glo mos nie in God nie. Ek is te slim.
Jy:       Jy bedoel jy glo nie dat daar in die begin voor alles net God was wat bestaan het
nie. En dat God alles geskep het uit homself nie?
Prof.     Nee, alles nonsens. Jy sien ek dink dat alles begin het met ‘n klein selletjie of
goggatjie wat so rondgesweef het en toe groei hy en toe word hy groter en hy deel
later op in klein deeltjies en hulle groei en toe jy weer sien is daar baie van hom.
Jy:       Wag nou, Professor, en waar kom daardie eerste goggatjie toe vandaan?
Prof.     Nee maar hy was maar altyd daar.
Jy:       Toe daar niks was nie, was hy daar?
Prof.     Ja. En toe groei hy. En toe hy genoeg gegroei het toe ontplof alle sin een vreeslike “BANG” en daar is die aarde toe gevorm.      
Jy:       Maar professor, die Bybel vertel ons: In die begin van alle tyd het
God die Hemel en die aarde gemaak. Voor die skepping was alles eensaam en verlate. ‘n Angswekkende donkerte het oor die dieptes gehang. En ‘n sterk wind
het heeltyd oor die waters gewaai. God was egter daar en Hy het gesê; Laat daar
lig wees. Skielik was daar orals lig.
   Prof.     Ag nee ek glo nie in die Bybel nie, man, wie het dit geskryf?
Jy:       Mense het dit geskryf, mense wat God gebruik het om die storie van God te
vertel.
Prof.     En toe toor God alles so uit niks uit?
Jy:       Nee, hy het elke ding op sy plek gemaak. Elke planeet is in sy eie baan gesit en
die son is gemaak sodat hy net ver genoeg van die aarde af is om ons nie te verskroei nie. God het alles presies op hul plek gesit sodat ons veilig is.
Prof.     Ek dink dit is alles pure toevallig, man. Daai selletjies wat ek van praat, het net
reg gaan sit; per ongeluk.
Jy:       En as alles so toevallig is, Professor, waar gaan jy toevallig heen as jy dood gaan
eendag?
Prof:    Ag nee wat, ek gaan sommer opvrot onder ‘n boom of die leeus gaan my opvreet.
JY:       Ag nee, Professor, vir ‘n slim man is jy maar dommerig. Ons glo God het gewone mense gehelp om alles in die Bybel neer te skryf. Ons glo dat ons almal ‘n stukkie van God se liggaam is en dat ons eendag, na ons dood, weer terug sal gaan na Hom toe in die hemel.
Prof.     Hmmm, ja dit klink meer na die waarheid as my storie: ek wonder nou of ek so slim is?
Jy:       Kinders wil julle my gas iets vra voor hy loop? (Gee kans vir vrae. Moedig aan.)
Jy:       Kyk gou na my klippies professor (wys hom jou klippies). Dink jy hulle is morsdood?
Prof:    Hulle is morsdood. Hulle roer nie eers nie.
Jy:       (sit die magnetite naby genoeg aan iets ysters of aan mekaar sodat dit soontoe beweeg.) Het jy dit gesien?
Prof     Wys weer? Het daai klip beweeg?
Jy:       (doen dit weer) Sien jy nou? Kinders weet julle hoekom beweeg die klip?
            (As niemand reg antwoord – sê vir hul) Selfs iets wat ons dink is dood, het God se energie in. God het dit ook geskep, selfs klippe is uit God en deur geskep. Die magneet klip wys ons dat daar krag is in die kleinste dinge wat God geskep het.
Prof:    Ek moet nou gaan. Ek dink ek gaan bietjie lees wat staan daar in die Bybel. Koebaai almal.
Jy:       Totsiens Professor Kriegniekof. Daar het julle dit nou gehoor op B-Entertainment. God is in beheer van alles in die skepping want alles is deel van God.

4.     GEBED: Dankie, liewe God, ons Pappa, dat U vir ons alles so mooi gemaak het. Dankie dat selfs die kleinste klippie en die grootste Olifant ‘n deel is van U. Dankie dat U ons elkeen net so mooi gemaak het en dat ons alles op aarde kan geniet. Amen.

5.  TYDLYN: (vir die groter kinders) Wys hulle op die tydlyn teen die muur of op jou los tydlyn waar pas die boek Genesis in die geskiedenis.


6. SPELETJIEA4 afgerolde swart en wit prente van die fyn detail inkleurprent: Die Skepping  (soveel soos jou kinders in die klas).

7.  REWARDS

(Gaan staan voor die teksvers wat opgeplak is en vra)  Kan iemand onthou wat die vers was wat ons netnou aanmekaar gesit het?  Gee hom/haar ‘n ekstra lekker.
Deel vir elkeen ‘n klippie uit en/of lekkers wat lyk soos klippe (Ek het al gekry!) Julle is mos elkeen is uniek en het jul eie gawes.
HIERONDER VOLG DIE SKEPPINGS INKLEURPRENT VAN PUNT 6.





No comments:

Post a Comment