66 Bybelboekprente pakket (Afrikaans of Engels)


'n Pakket met al 66 boeke van die Bybel in geheueprente saamgevat! Daar is kleur en swart en wit prente asook 'n kort beskrywing en leidrade van elke boek. Nou kan jy en jou gesin saam met 'n eenvoudige geheuespel die hele Bybel speel-speel leer ken. En omdat die boek met prente geassosieer word, onthou mens dit vir altyd! (Ek dink in prentjies en daarom het ek oor die laaste paar jaar so dit opgestel!)

66 BYBELBOEKE IN GEHEUE PRENTE 

(Ek stuur nie meer inligting op CD uit nie - jy laai alles af vanaf 'n link op die internet)

Now also available in English: 66 Bible Books in pictures 

66 BIBLE BOOKS IN PICTURES on CD. (Ook in Afrikaans beskikbaar)

















ENIGSTE VAN SY SOORT IN DIE WêRELD! 
(Jy druk self die prente uit so groot jy wil - asook die leidrade - as jy dit op papier wou gebruik.)

Jy kan die prente en/of leidrade uitdruk op jou rekenaar en jou eie boek daarvan maak as jy wou of jy kan die speletjie net so op die skootrekenaar of rekenaar met jou gesin speel! Almal leer saam aan hierdie wonderlike geloofsboek van ons Christene!

Daar is ook 'n Bybelboekman wat jou wys hoe die Bybel ingedeel is asook 'n eenvoudige tydlyn wat wys waar pas elke boek in die tydslyn van die wêreld in.

Eenvoudig en mooi en maklik! Dis my motto!

Prys: R250  - jy laai dit eenmalig af wanneer ek vir jou aanstuur deur WeTransfer - en jy hoef nooit weer ander inligting te koop nie - die sal jou besig hou vir jare. Jy print soos nodig. 

Om te bestel: Betaal asseblief die nodige bedrag in my bankrekening in en epos of sms die bewyse aan my by: imaginemoonstones@gmail.com of 082 396 4100 - tesame met jou naam en e-posadres. Dan e-pos ek dit vir jou!
Rekening besonderhede: René van Zyl, ABSA Hartbeespoort Tjekreknr. 640 178 337.

Hier is 'n voorbeeld van die eerste boek Genesis! (English example below.) 



1. GENESIS

SLEUTELWOORD: DIE BEGIN

Genesis is die Griekse woord vir begin. In die begin het God alles geskep net deur Sy woorde: die hemel, aarde, planete, nag en dag, diere, voëls, visse, man en vrou. Dit gaan oor die Skepper-God wat sy skepping ook in stand hou en wat ook sy beelddraer, die mens, genade betoon. Genesis is basies 'n inleiding tot die Pentateug (eerste vyf boeke) en die hele Ou Testament. Dit vertel die verhale van die skepping, die eerste mense wat die kroon van die skepping is maar ook die ergste sondaars; ons lees van die vloed (en die ark) waar alles vernietig word tot dit weer lyk soos voor die skepping; ons lees van die toring van Babel wat wys die mens is alewig in opstand teen God; ons lees van die pad van God met Abram en die verbondsbeloftes van God aan die mens wat ’n lang pad deur die Bybel gaan stap. God belowe om vir Abram te sorg en vra dat Abram 'n seën vir die wêreld sal wees. Dan volg Isak, Jakob en sy twaalf seuns en die boek eindig met Josef wat uiteindelik in Egipte sterf nadat sy hele familie hom soontoe gevolg het. Die nageslagbelofte van God is vervul aan die einde van Genesis maar nog nie die landsbelofte nie.
Genesis is ingedeel in drie dele:
  • Gen. 1-11: Die Voorgeskiedenis, die skepping en die sondeval, Noag en die vloed, die toring van Babel. (Ons kan nie ’n datum hierby sit nie – dit is baie ou geskiedenis van die begin van die wêreld).
  • Gen. 12-50: Dit handel oor ons Aartsvaders: Vader Abraham, sy seun Isak en Isak se seun Jakob. Ons hoor ook van Jakob se 12 seuns, en ook van die hele verhaal van Josef. Die boek eindig toe Josef as ’n ou man sterf in Egipte. (Genesis speel af in 1950-1450 v.C. in die Middel- en Laat- Bronstydperk toe mense nog rondgeswerf het vir weiding vir hulle vee.)
HOEVEEL LEIDRADE OP ONS PRENT LAAT JOU AAN DIE BOEK GENESIS DINK?
  • Die Skepping (mense, diere, voëls, visse, plante, aarde, son, maan)
  • Die slang en vrugteboom laat ons dink aan die duiwel (as slang vermom) wat vir Adam en Eva verlei het om te sondig.
  • Die vuurtjie laat ons dink aan Kain wat kwaad was vir Abel omdat sy offer (vuur) deur die Here aangeneem is en Kain s’n nie. Toe vermoor Kain vir Abel.
  • Die ark, die reënboog en die duif met die blaartjie laat ons dink aan Noag en sy ark. Na 40 dae het die duifie ’n groen takkie vir Noag gebring om te wys die vloed is oor. God het gesê die reënboog wys vir Noag dat hy nooit weer die aarde met so ’n vloed sal tref nie.
  • Die woord  “Abba” op Abram se jas beteken in die Aramese taal: Vader. Abram is ons Aartsvader. God het hom geroep uit die dorp Ur van die Galdeërs (waar hulle die maan aanbid het!).  Die sterre om Vader Abram se kop laat ons dink aan God se belofte: As Abram vir God volg sal sy nageslag so baie soos die sterre in die hemel wees.
  • Die mes in Abram se hand laat ons dink aan Isak. God het vir Abram gevra om sy seun, Isak, te offer om sy liefde te toets.
  • Die son en maan en elf sterre laat ons dink aan Josef se droom waar  hulle voor hom buig. Dit het beteken sy pa, Jakob (son) , sy ma (maan) en elf broers (sterre) buig voor hom.
  • Die piramiedes laat ons dink aan Egipte waar Josef onderkoning was en Jakob, al sy broers en hul families gaan bly het.
  • Die mummy laat ons dink aan die (onder-)koning Josef wat aan die einde van die boek Genesis sterf (en verseker op Egiptiese manier ’n mummy gemaak is soos hulle met al die belangrike manne gedoen het!)
KAN JY NOG IETS OP DIE PRENT SIEN WAT JOU AAN GENESIS LAAT DINK?


ENGLISH FILE: 
1. GENESIS
KEY WORD: THE BEGINNING
Genesis is the Greek word for begin. In the beginning God created everything by using His words: the heaven, earth, planets, night and day, animals, birds, fish, man and woman. It is about God Creation who also maintains His creation and who also shows His grace towards man, bearer of His image. Genesis is an introduction to the Pentateuch (first five books) and the whole of Old Testament. It tells the stories of the creation, the first people who are the crown of the creation, but also the most extreme sinners; we read about the flood (and the Ark) where everything was destroyed until it was restored to the state before the creation; we read about the tower of Babel which shows that man is always in revolt against God; we read about the path God took with Abram and Gods covenants to man, that will follow a long path throughout the Bible. God promise to look after Abram and asked him to be a blessing to the world. Then Isaac, Jacob and his twelve sons follow, the book ending with Joseph who died in Egypt after his whole family followed him there. God’s promise to look after the ancestors was fulfilled at the end of Genesis but not the promise of land.
Genesis is divided into three parts:
 Gen. 1 – 11: The pre history, the creation and fall into sin, Noah and the flood, the tower of Babel (we cannot put a date to this – it is the old part of the history when the world was created)
 Gen. 12-50: This is about our patriarchs: Father Abraham, his son Isaac, and Isaac’s son Jacob. We hear about Jacob’s 12 sons, and the whole story of Joseph. The book ends with Joseph who died as an old man in Egypt (Genesis is taking place in 1950 – 1450 BC in the Middle to Late Bronze Age, when people were nomadic looking for grazing for their livestock.
How many clues on the picture make you think of the book Genesis?
 The Creation (people, animals, birds, fish, plants, earth, sun, moon)
 The snake and fruit tree remind us of the devil (disguised as a snake) who tempted Adam and Eve to sin
 The fire reminds us of Cain who was very mad at Abel because his offering (fire) was accepted by God and not Cain. Then Cain killed Abel.
 The Ark, the rainbow and the dove with the leaves remind us of Noah and his Ark. After 40 days the dove brought the green leave to Noah to show him that the flood is over. God said that the rainbow showed Noah that He will never destroy the earth this way again.
 The word “Abba” on Abram’s jacket means “Father” in Aramaic language. Abram is our Patriarch. God called upon him from the town of Ur of the Chaldeans (where they worshipped the moon). The stars around Father Abram’s head remind us of God’s promise: if Abram follows God his ancestors will be as many as the stars in heaven.
 The knife in Abram’s had reminds us of Isaac. God asked Abram to offer his son, Isaac, to test his love.
 The son and moon and eleven stars remind us of Joseph’s dream where they bow in front of him. It means that his father, Jacob (sun), his mother (moon) and the eleven brothers (stars) bow in front of him.
 The pyramids remind us of Egypt where Joseph was second in charge under the King, and where Jacob, and all his brothers and families went to live.

 The mummy reminds us of Joseph, King (second in charge), who dies at the end of the book Genesis ( and for sure, in Egyptian tradition, would have been embalmed as they did with all important men)




No comments:

Post a Comment