Kruispad Bordspel

CROSSROAD BOARD GAME / KRUISPAD BORDSPEL


Kruispad is 'n interaktiewe Christen bordspel waar die hele gesin van klein tot groot saam kan speel en Jesus beter leer ken! Op 'n kleurvolle A1 grootte bord met pragtige sketse wat 'n kaart van Israel voorstel, beweeg elke speler saam met Jesus op sy lewenspad op aarde. Deur middel van legkaarte, stomstreke, woord- en prenteraaisels, leer elkeen speel-speel van Jesus se wonderwerke en gelykenisse.

Die speletjie is tans net nog beskikbaar in Engels - maar ek stuur graag vir jou die AFrikaanse boekie en inligting met n link aan sodat jy dit self kan print. Die een deel van die speletjie is vir ouderdomme 10 tot stokoud, en daar is 'n kindergedeelte vir kinders van 4-10 jaar.
Hierdie bordspel het ek jare gelede ontwikkel terwyl my kinders self besig was om groot te word en dis juis daarop gemik om ouers en kinders saam oor die Bybel te laat gesels - op 'n informele speel manier.
Ontwerp deur René van Zyl en geïllustreer deur Esmé Walker (ATKV veertjie wenner.)

Die bordspel met beide dele kos R250 en posgeld is R100 vanaf Postnet na jou naaste Postnet in Suid-Afrika. Jy kan dit ook via n link aflaai op die internet - maar dan het jy nie die lekker A1 bord om mee te speel nie. Jy print jou bord dan op A3 en lamineer en dis alk 'n bietjie klein.- tensy jy iewers nk groter bord kan print.

Om te bestel: Betaal asb. die bedrag in die rekening in en stuur betalingsbewys aan: imaginemoonstones@gmail.com of aan selnr. 082 396 4100 tesame met jou adres en selfoonnommer. Dan pos ek vir jou die speletjie. Posgeld is R100 deur Postenet.

Rekening besonderhede: Rene' van Zyl, ABSA Hartbeespoort 640 178 337. Baie dankie!

No comments:

Post a Comment