LEKKER 'LINKS' (SKAKELS!)

Handige skakels om jou kinderwerk lekker te maak!

Maak jou eie woorsoek-raaisels: Dis so maklik - en kinders is so lief om die woorde te soek.

Ook as jy n MAIZE  wil maak: soek net Maize op google en daar is duisende wat jy kan uitdruk en vir jou klas gebruik. En verskillende temas - ook Christelik as jy wou - soek maar in Engels - daar is baie meer.   

(En daar onder aan die bladsy is 'n Christelike Pampoenpreek om die vrese uit Halloween te haal as jy idees gesoek het!)

--------------------------------------
Ek is gedurig op soek na lekker skakels wat my kinderwerk interessanter en meer visueel maak. Ek sal van tyd tot tyd skakels hier noem wat jul kan gebruik: (Daar kan kopiereg op sommiges wees: maak net seker. Ander kan gebruik word en hul vra dalk 'n donasie op die blad.)


Fantastiese tydlyn prente van Ou en Nuwe Testament in 16 voorwerpe!
http://www.graceproject.org.uk/docs/ot-bible-timeline.jpg
http://www.graceproject.org.uk/docs/nt-bible-timeline.jpg
(Hier is 'n voorbeeld van die Nuwe Testament se tydlyn.)



Maak jou eie woordsoek-speletjies met die skilpad: makliker/moeiliker en moeilik:
http://www.funbrain.com/detect/index.html

Maak jou eie blokkiesraaisel/woordspeletjies: 
http://www.puzzlefast.com/?gclid=CNffyryW-LkCFfMQtAod90cAiA

Hierdie blad is vol idees vir terapie/opvoedkundig en baie idees vir speletjies.
http://www.mnsu.edu/comdis/kuster2/sptherapy.html

***Hierdie is net so oulik en gratis: Flitskaarte van elke Bybelboek met kortlikse inligting daarby. Dis in Engels maar die prente is so pragtig - nog iets wat jy dalk op jou sondagskoolkla se  muur kan plak. 

Bedrock Base

https://answersingenesis.org/kids/answers/online-books/books-bible-flash-cards/
Who Wrote the Bible?
En nog baie lekker goed op dieselfde blad: 
https://answersingenesis.org/kids/bible/years-of-silence/

En mazes - die kinders geniet dit so baie - ek ook!: Laai gratis af wat jy nodig het. 

https://answersingenesis.org/kids/activities/mazes/
Lesson 27: Why Do We Look Different? Part 1


Die pampoenpreek.
Alternatiewe preek vir kinders tydens Halloween 31 Okt. – God maak immers alles en almal nuut – Hy gee nuwe betekenis aan antieke heidense vakansiedae – so het hy telkens in die Bybel gewys. Ons maak nie ons kinders bang vir die wêreld nie maar ons rus hulle toe om in die wêreld ʼn verskil te maak. Lees gerus die stukkie inligting oor die eintlike Christelike betekenis van Halloween. (oftewel: All Saint’s day)
Grote pampoenspook!
Ek wil graag die vrese rondom Halloween besweer. Vrome mense wil so graag als aan die duiwel toeskryf, soos HALLOWEEN. Vroeër jare in die Middeleeue het die Keltiese mense hierdie dag met vrees gevier want hulle het gedink met die oorgang van die seisoen van somer na winter, is die lyn tussen die lewe en dood baie dun en dan kan spoke oorkom van die ander wêreld af en jou tart. Toe trek hulle maar self soos spoke en geraamtes aan om die ander ouens te wys daar is klaar ʼn spook by hulle huis!
MAAR -  Sedert die 600’s in Ierland/Brittanje, sou Christene hierdie dag ʼn Christelike betekenis gee om juis daardie vrese te verwyder. Hulle sou saamkom op 31 Oktober op All-Hallow-Eve (‘Halloween’ in ou Engels of: the Eve of All Saints’ Day/Fees van die heiliges) en vra vir God se seën en beskerming teen die bose magte in die wêreld. Moderne vieringe kom van die tradisie om soos heiliges (Saints) en bose geeste aan te trek om die stryd tussen goed en kwaad uit te beeld en die lig te bring (lanterns oftewel Jacko-lanterns). Die fees is gehou nadat die oeste ingevorder is en net voor Winter (die dooie seisoen) begin.
In die Christelike Rooms Katolieke tradisie is dit 'n viering van die gemeenskap van die heiliges, die mense wat ons glo in die hemel is deur God se genade. All Saints’ Day is op 1 November gevier en daar is 'n oproep gedoen om te lewe soos gelowiges moet, soos die heiliges (Saints) voor ons. Op All Souls day, 2 November, gaan dit oor alle siele en daar word gevra vir God se genade oor hulle. Die kopbeen of geraamte word nog altyd in Christenbeelde oraloor die wêreld as die oorwinning oor die dood in Christus uitgebeeld. (Niks om te vrees nie)
Menige kulture het ‘n fees ter nagedagtenis aan die afgestorwe geliefdes, soos bv. die Mexikaanse Dag van die Dood (dia de los Muertos) of die Chinese Ghost Festival. Op hierdie dae word die afgestorwenes  herdenk en onthou d.m.v feeste. Baie kulture berei gunstelingeetgoed voor vir die siele van die afgestorwenes en hou piekniek by die grafte, brand kerse of bou vreugdevure, of los blomme op familiegrafte of salf selfs grafstene.
Soos Kersfees is ‘n vorige heidense fees (einde van Somer vieringe vir die Kelte) deur die Christendom ‘geheilig’ en nuwe betekenis gegee sodat God vereer word wat die bose finaal oorwin. Martin Luther het dalk juis die Hervorming begin op 31 Oktober 1517 met die vaskap van sy 95 stellings teen die Wittenberg kerk om enige bygelowe die nek in te slaan. En om God se genade en oorwinning oor die dood finaal te bevestig. Ons Christene hoef niks te vrees nie. In Christus is alles en almal nuut.

Nou die Pampoenpreek:
Julle het al almal ʼn pampoenland gesien, nè? Honderde pampoene lê met hulle oranje lywe daar op die veld en wag om gepluk te word. Party is maer, party vet of ronder as die ander of langer, maar almal lê en bak in die son en wag om gepluk te word.
Sê nou maar God, die boer, sien ons mense so. Ons sit en wag op hierdie aarde om deur God vir ʼn sekere doel gebruik te word. So, een dag stap die boer op die lande en bekyk sy pampoene. Hy voel aan almal en besluit om ʼn seker enetjie te pluk wat sommer diep in die modder en grond lê. Dit is Poena pampoen en hy is bly, maar ook bangerig want hy weet nie wat nou gaan gebeur nie.
Die boer vat vir Poena die pampoen na sy huis toe en was hom mooi in die wasbak tot hy blink. O jinne, daar sit die boer hom op ʼn tafel neer en bring ʼn skerp mes.
Eina! Gil Poena, want die boer het ʼn ronde gat ingesny daar bo waar sy horinkie gesit het. Die pampoen wil sommer huil. Maar hy weet die boer het ʼn plan.
“Toemaar, my mooi Poena pampoentjie,” sê die boer. Ek sal mooi met jou werk en jy gaan sien hoe mooi jy lyk as ek met jou klaar is.” Die boer sit die mes neer en begin saggies binne in Poena se lyf rond te krap. Hy haal ʼn paar handevol pitte en sulke papperige moeserige pampoengoed uit en sit dit in ʼn bak. Partykeer is dit nodig dat God slegte goed uit ons haal – soos haat, jaloesie, woede, pyn en hartseer.
Poena besluit, dis nie meer so seer nie. Dit kielie eintlik en hy is verbaas om te sien hoe baie pampoengemors uit sy lyf kom.  
“Ek is amper klaar, Poena,” sê  die boer en Poena is bly.
Toe die pampoen mooi hol is binne en heeltemal skoon, vat die boer weer die mes en die arme Poena wil sommer huil. Dit gaan egter vinnig en toe sê die boer, “Kyk nou hoe mooi lyk jy.”
Die boer sit ʼn brandende kers binne-in die pampoen en draai hom na die spieël toe.
Poena is so gelukkig want die boer het ʼn glimlaggende gesiggie op sy ou vaal oranje pampoengesig ingesny. En die lig van die kers laat hom blink en opgewonde glimlag.
“Nou kan jy jou lig skyn vir die wêreld om te sien, jy is my kind.” Die boer wat eintlik God is, glimlag trots en sit die pampoen in sy vensterbank om vir die donker nag te glimlag.
Het jy geweet hoe baie pitte is in ʼn pampoen? Honderde. En die boer vat daardie pitte en plant dit weer om nog ʼn hele nuwe veld vol pampoene te maak wat sy lig kan skyn.
So moenie bang wees vir pampoenspoke en stories nie, want God laat sy lig selfs deur iets  so eenvoudig soos ʼn pampoen skyn.

Fluit-fluit my storie is uit! 

Nog mazes om te print as jy nodig het: https://www.kittybabylove.com/printable-mazes/
Of google net wat jy nodig het: bv. printable mazes mouse of wat jou tema ookal is. Ure se pret vir die kinders. 










No comments:

Post a Comment